Contact Number: | 0828887722 / 0832720824 |
Address: | 90 Lakeside Village Eagle Canyon Golf Estate Honeydew Johannesburg |
Website: | https://pwpifa.co.za/ |
Ernie is 'n onafhanklike adviseur wat daarop ingestel is om sinvolle finansiële oplossings aan kliënte te bied t.o.v. persoonlike en besigheids beplanningsbehoeftes. Ernie het meer as 20 jaar ondervinding in die industrie en het sy B.Com aan die Universiteit van Pretoria asook sy Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning by die Universiteit van die Vrystaat tussen 2000 en 2004 voltooi. Hy bestuur PWP saam met sy lewensmaat en vennoot, Sonja van Wyk.
Pearl Wealth Planning streef daarna om kliënte se vertroue te verdien met integriteit en ons sin vir aanspreeklikheid. Ons verseker dat ons elke kliënt se persoonlike risiko- en beleggingsbehoeftes omvattend verstaan en verkies ‘n versigtige en deursigtigde benadering in ons advies. Ons doen moeite om te verseker dat ons kliënte se portefeuljes in lyn is met hulle finansiële doelwitte. PWP is diensgerig en nie verkoop georiënteerd nie. PWP is ge-akkrediteer om produkte van verskeie produkverskaffers te bied en is daarom trots om onafhanklike advies te kan lewer.