Die beleërde tegnologie groep, EOH, het vandag aangekondig dat ‘n forensiese ondersoek bevind het dat agt van sy werknemers by onbehoorlike transaksies van sowat R1,2 miljard betrokke was. Dit sluit betalings van omkoopgeld vir staatstenders in. Die uitvoerende hoof Stephen van Coller het in Februarie vir ENS Africa aangestel om die beweerde korrupsie te ondersoek, nadat Microsoft sy verhouding met EOH beeindig het, weens aantygings van korrupsie wat verband gehou het met ‘n R120 miljoen tender wat die Department van Verdediging aan EOH toegeken het. Ryk van Niekerk praat in die potgooi met EOH hoof Stephen van Coller en Professor Deon Rossouw, die bestuurshoof van die Etiek Instituut oor die saak.
COMMENTS 0
To comment, you must be registered and logged in.
Don't have an account?
Sign up for FREE