Pensioenarisse kies lewende annuïteite bo vaste inkomste-annuïteite

Henk Appelo – produkontwikkelaar, Liberty

Suid-Afrika se gebrekkige spaarpatrone is opnuut in die kollig, nadat die Vereniging vir Spaar en Beleggings, ASISA, bekendgemaak het dat Suid-Afrikaaners miljarde rande aan beleggings tekort skiet om genoegsaam vir aftrede voorsiening te maak. Daarbenewens is daar ook groeiende kommer oor mense wat pensioenfondsbeleggings vir ander doeleindes gebruik wanneer hulle van beroep verander. By ons in die ateljee om oor aftreekwessies te praat, is Henk Appelo, produkontwikkelaar by Liberty.

ANDRIES VAN ZYL: Goeiedag Henk.

HENK APPELO: Goeiedag Andries, dankie.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is mens se grootste uitdagings rakende spaar vir aftrede, Henk?

HENK APPELO: Die eerste groot probleem wat mense met aftrede in die gesig staar, is aftrede is baie keer 20 of 30 jaar weg, en daar’s onmiddelike dinge wat mens met jou geld moet doen. Byvoorbeeld, mens kort ’n kar, mens het kinders op skool of universiteit, jy het ’n huis en die lys wat mens moet betaal is eindeloos. Nou, vanselfsprekend neem sulke dinge prioriteit teenoor iets wat ver in die toekoms is, maar wat baie mense nie verstaan nie, is wat is die impak van wag en watter verskil maak dit op ’n mens se aftrede. As mens net kyk na ’n voorbeeld. Iemand wat op 25 al begin spaar vir aftrede, en iemand wat op 30 of 35 begin spaar vir aftrede – die verskil wat daai 10 jaar maak, net as gevolg van saamgestelde rente is massief. Byvoorbeeld, as jy op 25 begin spaar en jy hou op op 35 om te spaar, die persoon wat op 35 begin spaar moet amper dubbel spaar wat jy spaar op 25.

ANDRIES VAN ZYL: Beroepsmense verander konstant van werk. Dikwels met die versoeking om pensioenbeleggings vir ander doeleindes te gebruik. Hoe verseker mens dat jou aftreedoelwitte prioriteit bly?

HENK APPELO: Die eerste belangrike ding is, jy moet ’n aftreeplan maak en daarby bly. Op die huidige stadium is dit moontlik vir mense wat van beroep verander, as hulle na ’n ander werk toe gaan, eweskielik word daardie geld vir hulle beskikbaar. Die geld wat jy gespaar het vir jou aftrede, dis ’n groot som geld en daar’s altyd dinge om met hierdie geld te doen. Soos ons nou-nou gesê het, aftrede is baie keer ver in die toekoms. Mens dink altyd ek sal volgende jaar begin of oor 5 jaar begin. Solank as mens die impak van daai tyd wat jy verloor verstaan, is dit een ding. Die belangrikste ding is eintlik om daai geld, wat jy klaar gespaar het vir aftrede, net te hou en daarop te bou. Saamgestelde rente oor ’n tydperk van 20 jaar maak ’n ongelooflike verskil op die bedrag wat jy op die ou einde het om mee af te tree.

ANDRIES VAN ZYL: Henk, waarom verkies meer mense deesdae lewende annuïteite as vaste inkomste annuïteite?

HENK APPELO: Daar is volgens my drie belangrike dinge wat daai keuse beïnvloed. Eerste oogliggende rede, is dat ’n vaste annuïteit baie keer nie genoeg inkomste bied aan iemand wat wil aftree nie. Die tweede een is, mens voel baie keer jy het baie meer vrye keuse as jy ’n lewende annuïteit neem en die derde is dat ’n lewende annuïteit bied vir jou die geleentheid om ’n erfporsie na te laat aan jou naasbestaandes. Nou as ons net gou-gou kyk na daai drie redes, die eerste een is nie ’n probleem wat ’n mens kan oplos met aftrede nie, dis iets waarna ’n mens moet kyk terwyl ’n mens moet spaar vir aftrede. Die tweede een is, die vryheid van keuse maak ’n lewende annuïteit ook ’n baie komplekse produk, wat ook beteken mens kort deurlopende finansiële advies om dit vir jou die moeite werd te maak. Daarby, spandeer baie mense langer in aftrede as wat hulle dink, mense tree af en dink ‘ek gaan net 10 of 15 jaar spandeer’, dis baie keer 30, 35 of 40 jaar wat mense in aftrede spandeer, en daai geld moet die hele tyd hou. ’n Vaste annuïteit betaal jou ongeag hoe lank jy lewe, ’n lewende annuïteit hou net aan betaal solank as wat daar geld is. So baie mense is op die ou einde in ’n situasie waar hul lewende annuïteite het nie meer geld oor nie, nou het hulle nie meer inkomste nie, en ook nie ’n erfporsie nie.

ANDRIES VAN ZYL: Henk, menige afgetredene wil graag aggresief belê, maar is skrikkerig vir risiko. Hoe kan hulle die risikofaktor hanteer?

HENK APPELO: Die keuse wat afgetredenes moet maak op hierdie stadium is baie moeilik. Die lewe is onvoorspelbaar, ons kyk almal wat vandag gebeur het in Amerika. Dis nie iets wat ’n mens kan sê nie. Aan die een kant is mens bang en jy wil nie jou geld verloor nie, maar aan die ander kant besef jy ook dat inflasie is stadig maar seker besig om jou geld op te eet. So die enigste manier wat ’n mens inflasie kan bekamp, is om so te belê dat ’n mens groei op jou belegging kry. Die enigste manier om groei te kry, is om meer risiko te neem. Geen risiko nie, geen groei nie. Nou ongelukkig, as ’n mens vir groei belê en risiko neem, is die moontlikheid daar om jou geld minder werd te maak. Die teenoorgestelde van die saak is, is as ’n mens te konserwatief belê, dan voel dit vir jou jou kapitaal is beskerm, jou geld word nie minder nie. So die nominale bedrag word nie minder nie, maar jou koopkrag word elke jaar minder. Die keuse wat ’n mens in die gesig staar, is nie maklik nie. ’n Mens moet ook verstaan wat dit is. En weereens, ’n lewende annuïteit is iets wat baie keuses vir jou gee, en dis belangrik om met jou finansiële adviseur hierdie dinge te bespreek om mooi te beplan.

ANDRIES VAN ZYL: Tot watter mate ondersteun Liberty se nuwe Bold-produk beleggers se risikobestuur?

HENK APPELO: Die Bold lewende annuïteit bied aan ’n afgetredene dieselfde keuses  as enige ander lewende annuïteit, met die verdere voordeel dat ’n mens kan kies om ’n waarborg op jou groei te sit. Nou Liberty verstaan hierdie keuses waarvan ons gepraat het. Mens moet kies tussen risiko en groei en kapitalebewaring, en die Bold guarantee stel mens ook in staat om jou eie batebestuurders te kies en nogsteeds die waarborg te geniet. Nou die waarborg werk op ’n basis van ’n hoogwatermerk. Dit beteken aan die einde van elke kwartaal kyk Liberty of die opbrengs op daai stadium hoër was of laer was as die vorige kwartaal. Indien hoër, skuif die waarborg op, en al wat dit beteken is mens kan nie verder as dit verloor nie. So dit stel jou in staat om meer risiko te neem, meer groei na te streef en op daai manier inflasie te bekamp.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Henk Appelo, produkontwikkelaar by Liberty.

Get access to Moneyweb's financial intelligence and support quality journalism for only
R63/month or R630/year.
Sign up here, cancel at any time.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in to comment.

SIGN IN SIGN UP

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR

Podcasts

NEWSLETTERS WEB APP SHOP PORTFOLIO TOOL TRENDING CPD HUB

Follow us:

Search Articles:Advanced Search
Click a Company: