Doeltreffende en koste-effektiewe BEE gerigte vaardigheids-ontwikkeling

Pierre Human – senior Strateeg by LFP Training

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die klem na ons weeklikse gesprek met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag verduidelik ons hoe LFP die kliënt kan help. Die insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By m weer, Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Goeiedag, Pierre.

PIERRE HUMAN: Goeiedag, Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Vir vele besighede is vaardigheidsontwikkeling ‘n onbekende of selfs ‘n uitdagende onderwerp. Hoe help julle kliënte om dit sinvol te maak?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, LFP Training spesialiseer nou al sewe jaar lank in SEB-gerigte vaardigheidsontwikkeling. So ons verstaan die wetgewing, SEB-telkaarte en ons kliënte se behoeftes baie goed. Ons verstaan dat dit aanvanklik baie oorweldigend kan wees, vir ‘n besigheid wat nog nooit vaardigheidsontwikkeling gebied het nie. Maar ons hanteer die hele funksie namens hulle.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is die oplossing waarvoor kliënte meerendeels vra?

PIERRE HUMAN: Meeste van ons kliënte wil graag die vaardigheidsontwikkeling aanbied, maar het nie die kapasiteit of gespesialiseerde personeel om dit intern te doen nie. Daar is dus ‘n groot aanvraag na ons opleidingsakademie.

ANDRIES VAN ZYL: Hoe bied die akademie waarde vir kliënte?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, die LFP Training Academy is ‘n geakkrediteerde opleidingsinstansie, wat leerskappe en kort kursusse aanbied wat deur die departement van opvoeding en verskeie SETA’s erken word. Dit beteken dat al ons opleiding wat ons bied, ‘n groot impak maak op ons kliënte se SEB-telkaarte.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is die posisie rakende koste-doeltreffendheid?

PIERRE HUMAN: Andries, dit is een van die groot voordele. Ons het vaardighede, kennis en fasiliteite in plek om vaardigheidsontwikkeling aan te bied. Sowel as die innoverende tegnologie oplossings wat koste aansienlik minder maak.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, jy het voorheen oor julle e-campus oplossing verduidelik. Is dit ‘n sprekende voorbeeld van hoe LFP tegnologie vir vaardigheidsontwikkeling inspan?

PIERRE HUMAN: Definitief, Andries. Ons e-kampus is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Dit is ‘n aanlyn-leerplatform, wat dit baie maklik maak vir ons leerders om in hulle eie tyd te leer. En vir maatskappye is dit baie koste-effektief om aansienlike SEB-punte te ontvang.

ANDRIES VAN ZYL: Watter ander oplossings bied julle om kliënte te help?

PIERRE HUMAN: Wel Andries, ons help ons kliënte ook met die werwing van leerders, konsultasie, en die onderneming-en verskaffersontwikkeling. So dit bied ons ‘n holistiese oplossing wat vir die hele vaardigheidsontwikkelingfunksie sorg.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, baie dankie vir jou tyd en baie dankie vir die gesprek.

PIERRE HUMAN: Baie dankie Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training, wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Aanstaande week praat ons oor hoe vaardigheidsontwikkeling mense met gestremdhede kan help. Die onderhoud is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: