ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die klem na ons weeklikse gesprek met LFP Training, oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag plaas ons die fokus op vaardigheidsontwikkelingsoplossings, wat LFP aan kliënte bied. Hierdie insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my weer is Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Goeie dag Pierre.
PIERRE HUMAN: Goeie dag Andries, goed om hier te wees.
ANDRIES VAN ZYL: wie is LFP Training se teikenmark?
PIERRE HUMAN: Andries, ons werk met enige onderneming wat ‘n strategiese vennoot vir BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling benodig. Ons het tans meer as 290 kliënte in die verskillende sektore.
ANDRIES VAN ZYL: Vertel vir ons meer van die vaardigheidsontwikkelingsoplossings wat julle bied.
PIERRE HUMAN: Wel Andries, LFP is ‘n geakkrediteerde opleidingsinstansie, ons leerskappe en kortkursusse word erken deur die Departement van Onderwys, en verskeie SETA’s. Ons fokus om vaardigheidsontwikkeling koste-effektief vir ons kliënte en waardevol vir ons leerders te maak.
ANDRIES VAN ZYL: Pierre watter soort kursusse bied julle aan?
PIERRE HUMAN: Wel Andries ons fokus op kernvaardighede soos besigheidsadministrasie, projekbestuur, maar ons kan ook pasgemaakte kursusse aanbied, volgens ons kliënte se behoeftes.
ANDRIES VAN ZYL: Jy het voorheen genoem dat LFP ‘n paar unieke en innoverende oplossings het, wat behels dit in hoofsaak?
PIERRE HUMAN: Ja Andries ons e-kampus en wat ons nou noem ons off-site simulator, is twee oplossings waarop ons baie trots is, en wat baie sukses behaal het in die industrie. Hulle het beide geheel en al ontwikkel, deur ons span met die oog op kostebesparing, en om besighede te help om die hoogste BEE-tellings te behaal.
ANDRIES VAN ZYL: Pierre, ons praat aanstaande week verder oor die simulator-oplossings. Kortom, waarop kom dit neer?
PIERRE HUMAN: Andries, opleiding in die werksplek is ‘n uitdaging vir besighede. Omdat dit baie tyd, geld, en ander hulpbronne vereis. Ons simulator, maak dit moontlik vir leerders om dieselfde, tipiese, praktiese opleiding te ontvang, teen ‘n fraksie van die koste.
ANDRIES VAN ZYL: Pierre, baie dankie weereens vir jou besoek aan RSG Geldsake, voorspoed tot ‘n ander dag.
PIERRE HUMAN: Baie dankie Andries.
ANDRIES VAN ZYL: En dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training. Die insetsel is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.
COMMENTS 0
You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.
SUBSCRIBE NOW SIGN IN