LFP Training oor die rol en werking van sy e-Campus studie-oplossing (deel 2)

Pierre Human — senior strateeg, LFP Training

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake ons verskuif die klem na ons weeklikse gespreksreeks oor doeltreffende en koste-effektiewe vaardigheidsontwikkeling in die werksplek, wat aan Swart- Ekonomiese- Bemagtiginstelkaarte gekoppel is. Vandag sit ons verlede week se gesprek voort, oor LFP Training se innoverende e-campus studie-oplossingsinisiatief wat op die LFP webtuiste gehoor kan word. Hierdie insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my weer Pierre Human, Senior Strateeg by LFP Training. Goeie dag, Pierre, weereens welkom by RSG Geldsake.

PIERRE HUMAN: Goeiemiddag Andries

ANDRIES VAN ZYL: Kom ons begin by die voordele wat julle e-campus model aan maatskappye bied?

PIERRE HUMAN: Wel Andries, e-campus is die eerste aanlyn leerplatform wat ontwerp is met die SEB-vereistes in gedagte. So maatskappye kan drie verskillende voordele geniet wat saam hulle in staat stel om hulle teikens vir SEB vaardigheidsontwikkelingbesteding te bereik teen minder as 20% van die koste.

ANDRIES VAN ZYL: Laasweek het jy genoem dat maatskappye ook uit beter produktiwiteit voordeel kan trek.

PIERRE HUMAN: Ja Andries, dit is inderdaad een van die voordele. Leerders kan hulle leerskappe buite werksure voltooi, wat beteken dat die maatskappye nie daai ure se produktiwiteit verloor nie.

ANDRIES VAN ZYL: Wat van salaris-gekoppelde- en belastingvoordele. Bestaan daar so iets?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, maatskappye kan ‘n leerder se volle salaris insluit by hulle SEB vaardigheidstonwikkelingbesteding. So as ‘n leerder se salaris byvoorbeeld R18 000 ‘n maand is, dan kan die maatskappye R216 000 oor ‘n tydperk van ‘n jaar eis. Natuurlik kan hulle die werklike uitgawes ook bytel, wat beteken dat ‘n belegging van minder as R500 000 vir tien leerders, op die ou einde soveel as R3 miljoen in SEB vaardigheidsbesteding beteken op die maatskappy se SEB-telling. Ek wil afsluit, afdeling 12H van die Inkomstebelastingwetgewing, laat maatskappye toe om belastingskorting van R22 400 per leerder te eis, wat min of meer 50% van die werklike koste van so ‘n leerskap op die e-kampus is.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, weereens dankie vir jou kuier by RSG Geldsake.

PIERRE HUMAN: Baie dankie Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, Senior Strateeg by LFP Training. Aanstaande Woensdag praat ons verder oor die wêreld van SEB vaardigheidsontwikkeling. Die insetsel is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za . Die volledge LFP Training gespreksreeks kan in audio-en videoformaat op Moneyweb se webtuiste gevolg word: www.moneyweb.co.za

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: