LFP Training oor die rol en werking van sy e-Campus studie-oplossing

Pierre Human — senior strateeg, LFP Training

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die fokus na ons nuwe gespreksreeks met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe vaardigheidsontwikkeling in die werkplek wat aan Swart-
Ekonomiese-Bemagtigingstelkaarte gekoppel is. Vandag plaas ons die klem op die rol en werking van LFP Training se innoverende e-campus studie-oplossings.

Die insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my is Pierre Human, Senior Strateeg by LFP Training. Goeie dag, Pierre, welkom by RSG
Geldsake.

PIERRE HUMAN: Goeie dag, Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Hoe het die e-campus se model ontstaan Pierre?

PIERRE HUMAN: Wel Andries LFP help maatskappye vir al meer as vier jaar met vaardigheidsontwikkeling. Met die tyd het ons verskeie uitdagings begin sien, soos byvoorbeeld dat leerskappe ‘n groot impak op ‘n kliënt se produktiwiteit kan hê. Werknemers moet nogsteeds betaal word terwyl hulle in opleiding is, en dit kan soveel as 35 dae per jaar wees.

ANDRIES VAN ZYL: Kan ‘n mens dit dus as ‘n e-learning, oftewel e-leer platform beskou?

PIERRE HUMAN: Nie heeltemal nie Andries, die e-kampusmodel haal vaardigheidsontwikkeling uit die werksplek. Leerders studeer self en voltooi praktiese opdragte op ‘n aanlynplatform, wat beteken dat hulle die leerskappe na-ure kan doen. Met ‘n e-leer voltooi die leerder ‘n aanlyn-kwalifikasie. E-kampus laat die leerder toe om die vaardigheidsleerskap te voltooi, wat tel as deel van die werkgewer se vaardigheidsontwikkelingbesteding.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, wie beoordeel ‘n leerder se werk?

PIERRE HUMAN: Wel Andries, LFP assesseer die praktiese dele van die leerder se uitkoms, so dit is dan ook nie die werkgewer se verantwoordelikheid nie. Omdat dit nie so duur of tydrowend vir ons kliënte is nie,
beteken dit dat hulle meer geleenthede vir hulle werknemers kan bied om leerskappe te voltooi. Dit is ‘n baie koste-effektiewe manier om jou SEB-telling te verbeter.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, baie dankie vir jou besoek aan RSG Geldsake.

PIERRE HUMAN: Baie dankie Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, Senior Strateeg by LFP Training. In aanstaande week se gesprek, fokus ons op die voordele wat e-campus vir maatskappye inhou. Die onderhoud is moontlik gemaak deur
www.lfptraining.co.za. Die volledige LFP Training gespreksreeks kan in audio- en videoformaat op Moneyweb se webtuiste gevolg word: www.moneyweb.co.za. 

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: