You are currently viewing our desktop site, do you want to download our app instead?
Moneyweb Android App Moneyweb iOS App Moneyweb Mobile Web App
Join our mailing list to receive top business news every weekday morning.

LFP training oor die waarde van Interne BEE-vaardigheidsontwikkeling

Pierre Human, senior strateeg by LFP Training.

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die fokus na ons weeklikse gesprek met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag verduidelik ons die waarde van interne BEE-vaardigheidsontwikkeling. Die insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my in die ateljee, Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-vaardigheidsontwikkeling. Goeie dag, Pierre.

PIERRE HUMAN: Hallo Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Presies wat behels interne vaardigheidsontwikkeling?

Pierre: Ja Andries, vaardigheidsontwikkeling is waar die werkgewer belê in opleiding, dat hulle werkers help om meer waarde by te voeg. Die voordeel is natuurlik dat werknemers met beter vaardighede en beter kennis, beter presteer in die werkplek.

ANDRIES VAN ZYL: Waarom is dit vir maatskappye belangrik om interne vaardigheidsontwikkeling aan te bied?

PIERRE HUMAN: Andries, sedert die BEE-kodes onlangs aangepas is, is vaardigheidsontwikkeling nou ‘n prioriteitselement op die telkaart. Dit beteken dat dit baie moontlik is om goeie BEE-gradering te kry sonder om in vaardigheidsontwikkeling te belê.

ANDRIES VAN ZYL: Hoe beïnvloed interne vaardigheidsontwikkeling dan die BEE-telkaart?

PIERRE HUMAN: Andries, omdat die vaardigheidsontwikkeling ‘n prioriteitselement is, moet maatskappye ten minste 40% behaal, of hulle verloor ‘n volle vlak op die BEE-telkaart. Dit beteken mens moet ten minste agt van die 20 moontlike punte behaal om nie gepenaliseer te word nie. Egter, die goeie nuus is dat vaardigheidsontwikkeling een van die maklikste elemente is om punte te behaal. So dit help nie net met jou totale telling nie, die besigheid baa took deur die ekstra vaardighede wat ontwikkel word.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is die voordeel vir maatskappye om vir LFP by vaardigheidsontwikkeling te betrek.

PIERRE HUMAN: Die vereistes vir vaardigheidsontwikkeling is heel ingewikkeld, en word gereeld aangepas. Ons het agt jaar se ondervinding in die sektor, en ons het verskeie innoverende oplossings wat vaardigheidsontwikkeling meer impakvol en koste-effektief maak. Ons het ook ‘n uitstekende baanrekord. 100% van ons kliënte het hulle BEE-audits geslaag, en ons werk voortdurend aan nuwe oplossings wat die proses vergemaklik, en ons kliënte help om geld te bespaar.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training, wat in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling spesialiseer. Aanstaande week sluit Pierre weer by ons aan, vir ‘n gesprek oor die salarisse en kortings wat maatskappye deur vaardigheidsontwikkeling kan verkry. Die onderhoud is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in to comment.

SIGN IN SIGN UP

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR

Podcasts

NEWSLETTERS WEB APP SHOP PORTFOLIO TOOL TRENDING CPD HUB

Follow us:

Search Articles:Advanced Search
Click a Company: