LFP Training oor hoe vaardigheids-ontwikkeling mense met gestremdhede kan help

Pierre Human, Senior Strateeg by LFP-Training wat spesialiseer in BEE-gerigte Vaardigheids-ontwikkeling

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die fokus na ons weeklikse gesprek met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag verduidelik ons hoe vaardigheidsontwikkeling mense met gestremdhede kan help. Hierdie insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my weer, Pierre Human, senior strateeg by LFP Training, wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Goeiedag, Pierre.

PIERRE HUMAN: Goeiedag Andries.

ANDRIES VAN ZYL: In watter opsigte kan LFP Training se vaardigheidsontwikkelingsoplossings mense met gestremdhede wel help?

PIERRE HUMAN: Wel Andries, omdat vaardigheidsontwikkeling ‘n prioriteitselement op die SEB kodes vir goeie praktyk is, word maatskappye vereis om 6% van hulle totale jaarlikse salarisrekening daarop te bestee. Daar word van maatskappye vereis om 0.30 van hulle totale jaarlikse salarisrekening op die opleiding van mense met gestremdhede te bestee.

ANDRIES VAN ZYL: Hoe help julle kliënte om die vereiste persentasiepunte te bereik?

PIERRE HUMAN: Wel Andries ons het besef dat ons oplossing baie gepas is om maatskappye te help om mense met gestremdhede op te lei. Wanneer ‘n kliënt leerskappe by LFP implementeer, dek dit hulle vereiste besteding vir mense met gestremdhede, asook die vereiste dat 2.5% van die leerders werklose swart leerders moet wees.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, beteken nakoming van die vereistes ook meer punte op die SEB, op die BEE-telkaart?

PIERRE HUMAN: Definitief Andries. Daar is verskeie vereistes wat maatskappye aan moet voldoen om die maksimum punte in die vaardigheidsontwikkelingselement te verkry. Ons oplossing is ontwerp om te verseker dat dit aan al die vereistes voldoen. Byvoorbeeld, ons kliënte verdien ook punte vir die bestuursbeheer-element van indiensneming-gelykheid, deur gestremde mense met leerskappe te plaas.

ANDRIES VAN ZYL: Watter erkenning kan julle kliënte teen SEB-verkryging eis?

PIERRE HUMAN: Ja Andries. LFP se eienaarskap is ‘n vlak twee kwalifiserende klein-onderneming met 51% swart besit, en 31% swart vroulike besit. Wat beteken dat ons kliënte 125% van hulle verkrygingsbesteding ontvang, in terme van die ondernemings-en verskaffersontwikkelingselement.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, hoe betroubaar is LFP Training se oplossings, hoe kan maatskappye sekermaak dat hulle ‘n verifikasie-oudit slaag?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, ons oplossing is al lank in die mark, en ons weet dat dit werk. Ons is baie trots daarop om te sê dat 321 verifikasie-oudits geslaag is met ‘n 100% slaagsyfer. So ons sorg dat ons kliënte maksimum tellings op die SEB-telkaarte kry, op die mees koste-effektiewe manier.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, baie dankie weereens vir jou tyd, en dankie vir die gesprek.

PIERRE HUMAN: Baie dankie Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training, wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Aanstaande week praat ons belastingaansporings in vaardigheidsontwikkeling. Die onderhoud is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: