LFP Training oor sy LFP Kampus se funksies en voordele

Pierre Human, Senior Strateeg by LFP-Training

ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die fokus na ons weeklikse gesprek met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag bespreek ons die LFP kampus se funksies en voordele. Hierdie insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my in die ateljee weer, Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling.

Goeie dag, Pierre.

PIERRE HUMAN: Hello Andries, lekker om weer met jou te kan gesels.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is die LFP-kampus?

PIERRE HUMAN: Wel Andries, die LFP-kampus is ‘n aanlyn leerplatform, wat dit maklik maak vir leerders om in hulle eie tyd te leer. En vir ‘n maatskappy is dit baie koste-effektief om aansienlike SEB-punte te kry.

ANDRIES VAN ZYL: Wat het julle op die aanlyn-oplossing laat besluit?

PIERRE HUMAN: Andries, ons het besef dat dit moeilik is en duur is vir maatskappye om toegewyde vaardigheidsontwikkelingsprogramme te bedryf. Jy’t ‘n fasiliteerder nodig, ‘n lokaal, toerusting en leermateriaal. Vir die meeste maatskappye is dit bloot nie prakties om dit alleen aan te pak nie. Baie maatskappye het ook verskeie afdelings en persele, so ‘n aanlyn-oplossing beteken dat hulle hul werknemers kan betrek sonder groot uitgawes.

ANDRIES VAN ZYL: Wat is die voordele van die LFP-kampus vir leerders en hulle werkgewers, Pierre?

PIERRE HUMAN: Die grootste voordeel vir beide die leerders en die werkgewers is dat leerders die kwalifikasie in hulle eie tyd kan voltooi. Dit beteken dat ‘n leerder teen sy of haar eie tempo kan leer, en die werkgewer geniet meer produktiwiteit omdat die leerders na-ure kan studeer. Dan ook ‘n aansienlike voordeel soos belastingkorting van 2400 per leerder, die volle 12 maande leerskap kan ook in die leerder se salaris ingesluit word.

ANDRIES VAN ZYL: Hoe kan maatskappye toegang tot die LFP-fasiliteit verkry?

PIERRE HUMAN: Wel Andries die eerste stap is om die gratis konsultasie te reel, waar een van ons konsultante meer in diepte verduidelik wat ons oplossing behels, en dan terselfde tyd ‘n beter idee kry wat die maatskappy se spesifieke behoeftes is vir vaardigheidsontwikkeling.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre wat is julle visie vir die LFP-kampus?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, ons glo dat die LFP-kampus die potensiaal het om die hele landskap van vaardigheidsontwikkeling te verander. Die platform maak dit moontlik vir enige maatskappy om vinnig koste-effektief vaardigheidsontwikkeling aan te bied, maak nie saak hoe groot of hoe klein hulle is nie. Of in watter sektor hulle sake dryf nie. Ons is baie opgewonde oor die toekoms van die LFP-kampus.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training, wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Aanstaande dan praat ons weer. Dan oor die waarde van interne vaardigheidsontwikkeling. Die onderhoud is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: