LFP-Training se vaardigheidsontwikkeling vir mense met gestremdhede, kliente-ondersteuning en belastinghulp

Pierre Human, Senior Strateeg by LFP-Training wat spesialiseer in BEE-gerigte Vaardigheids-ontwikkeling



ANDRIES VAN ZYL: Jy luister na RSG Geldsake, ons verskuif die fokus na ons weeklikse gesprek met LFP Training oor doeltreffende en koste-effektiewe BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling in die werkplek. Vandag gee ons ‘n beknopte oorsig van die afgelope paar weke se gesprekke oor BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Hierdie insetsel word deur LFP Training moontlik gemaak. By my vandag in die ateljee, Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Goeiedag Pierre, welkom by RSG Geldsake.

PIERRE HUMAN: Goeiemiddag Andries, baie dankie.

ANDRIES VAN ZYL: Ons gespreksreeks het grotendeels gehandel oor wat LFP aan julle kliënte bied, en hoe vaardigheidsontwikkeling mense met gestremdhede kan help. Dan ook, belastingkortings-en aansporings wat maatskappye kan eis. In kort, vertel wat LFP bied?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, ons kernaanbieding is vaardigheidsontwikkelingleerskappe deur middel van ons LFP Training Academy. Jaarliks word daar duisende leerders opgelei. Ons bied leerskappe en kortkursusse aan, wat deur die Department van Opvoeding, asook verskeie SETAs erken word.

ANDRIES VAN ZYL: Julle het ook verskeie ander oplossings in hierdie veld.

PIERRE HUMAN: Ja Andries, ons e-kampus oplossing is ‘n aanlynplatform wat dit moontlik maak vir leerders om in hulle eie tyd te leer. En dan help ons ook kliënte met die werwing van leerders, konsultasie, asook onderneming-en verskaffersontwikkeling.

ANDRIES VAN ZYL: Ons het twee weke gelede gepraat oor hoe vaardigheidsontwikkeling mense met gestremdhede kan help. Wat is hier ter sprake?

PIERRE HUMAN: Ja Andries, daar is verskeie aansporings vir maatskappye met mense met gestremdhede, om hulle op te lei. Maatskappye word vereis om 0.30% van hul salarisrekening aan die opleiding van mense met gestremdhede te spandeer. Hulle kan dan ook punte op die SEB-telkaart verdien, sou 2.5% van die leerders swart mense met gestremdhede wees.

ANDRIES VAN ZYL: Maatskappye kan ook punte op ander elemente van SEB verdien?

PIERRE HUMAN: Dit is korrek Andries. Deur gestremde mense op leerskappe te plaas, kan maatskappye ook punte op die bestuursbeheerelement verdien. Verder, kan maatskappye ook 125% verdien op hulle ondernemings-en verskaffingsontwikkelingelement.

ANDRIES VAN ZYL: Verlede week het jy ook breedvoerig verduidelik hoe maatskappye belastingaansporings-en kortings kan verdien. Hoe werk dit?

PIERRE HUMAN: Eerstens bied die regering ‘n belastingtoelaag van R80 000 per leerder wat deelneem aan ‘n leerskapprogram en dit voltooi. Vir gestremde leerders is dit ‘n R120 000 per leerder.

ANDRIES VAN ZYL: En dan is daar ook die belastingaansporing vir indiensneming.

PIERRE HUMAN: Ja Andries, hierdie aansporing is in 2014 bekendgestel vir werkgewers om mense van 18-29 jaar oud met minder ondervinding aan te stel. Die belastingkorting wat werkgewers ontvang word deur wet bepaal, en op die ou einde van die dag help LFP om dit moontlik te maak vir hulle om dit te kan terug eis.

ANDRIES VAN ZYL: Pierre, baie dankie vir die kuier, en baie dankie vir jou tyd, en die gesprek.

PIERRE HUMAN: Baie baie dankie Andries.

ANDRIES VAN ZYL: Dit was Pierre Human, senior strateeg by LFP Training wat spesialiseer in BEE-gerigte vaardigheidsontwikkeling. Die onderhoud is moontlik gemaak deur www.lfptraining.co.za.

AUTHOR PROFILE

COMMENTS   0

You must be signed in and an Insider Gold subscriber to comment.

SUBSCRIBE NOW SIGN IN

LATEST CURRENCIES  

USD / ZAR
GBP / ZAR
EUR / ZAR
BTC / USD

Subscribe to our mailing list

* indicates required
Moneyweb newsletters

Instrument Details  

You do not have any portfolios, please create one here.
You do not have an alert portfolio, please create one here.
INSIDER SUBSCRIPTION APP VIDEOS RADIO / LISTEN LIVE SHOP OFFERS WEBINARS NEWSLETTERS TRENDING

Follow us:

Search Articles:
Click a Company: